17 September - Kleinkaap

17 September - Kleinkaap

Thursday, June 3, 2010

Die dag stap al nader...

Soos wat ek hierdie skryf, is daar nog net 106 dae oor tot die groot dag.  Dis amper.  Net nou die dag was daar nog 100 dae oor vir die sokker wêreldbeker en dit begin volgende week!!!  Met ander woorde, ons trou amper volgende week! 
 
So paar updates:
 
Ek kan nou met vreugde bekend maak dat daar uiteindelik op 'n kaartjie besluit is en ek hoop rerig dat ons dit nog hierdie maand sal kan uitstuur. 
 
Die fotograaf is reeds bespreek en ons is baie opgewonde oor hom, hy neem rerig mooi fotos en ons kry ook 'n "engagement shoot". 
 
Vir ons wittebrood gaan ons na Le Mauricia in Mauritius en nie een van ons 2 kan meer wag om op die witstrand onder 'n sambreel te lê en pienkdrankies met sambrele in te drink nie!
 
Die huweliksbevestiger wat ons gaan trou is my pa se oom, Oom Hans.  Wat dit so spesiaal maak is dat hy my ouers ook getrou het!  (Hy was actually die fotograaf ook op hulle troue..) Oom Hans en sy vrou Tannie Susan kom van vêr af, spesiaal vir hierdie dag, en ons kan nie wag om hulle weer te sien nie!